Geagte Louw en Optima-span
Eerstens wil ek julle 'n voorspoedige 2010 toewens, mag jul wildste drome oortref word! Baie dankie vir jul diens met ons Clocolan Bonsmara veiling, dit was profesioneel en bitter netjies! Dankie ook vir die veilingsverslag wat jul so spoedig na die afloop voorsien het. Die inligting daarin vervat, is vir ons as verkopers van kardinale belang om ons veiling se voortbestaan te verseker!
Baie sterkte met jul aktiwiteite deur die jaar glo dit sal goed gaan!
Sien Oktober
Groete — Dries en AJ van Rooyen Mooivlakte Bonsmaras