Palmietfontein en Mooispruit Bonsmaras 8 September 2011

Die veiling van Palmietfontein en Mooispruit het op 8 September 2011 plaasgevind. Lot 38 het die duurste bul opgelewer en WS Snyman het R60 000-00 opgedok vir die voorreg om die nuwe eienaar te word. Die verkoper was JH van der Walt.

Die gemiddeld wat Mooispruit se bulle opgelewer het was R26 966-14 terwyl Palmietfontein se bulle ‘n gemiddeld van R26 192-30 behaal het.

Die dragtige koeie het ‘n gemiddeld van R9741-98 behaal en HA Meintjes het die duurste dragtige koeie gekoop teen R12 000-00. Al 81 dragtige koeie wat op die veiling aangebied is, is verkoop.

Dragtige verse het die pragtige gemiddeld van R10 131-71 behaal en Human Boerdery BK het by JH van der Walt die duurste verse gekoop teen R11 200-00.

By die oop verse het CC Gutter sy verse aan die De Klerk Broers afgestaan en R8 800-00 daarvoor gekry. Die gemiddeld van die verse was R8342-31.

Nog geen kommentaar gelewer nie.

Gee terugvoer.