Marloo Bonsmaras 17 September 2011

Marloo Bonsmarastoet het hulle veiling die 17de September 2011 op Parys gehou. Tydens die veiling is spogdiere aangebied. Bulle wat onder die hammer gekom het het ‘n gemiddelde prys van R31 705-88 behaal en Laal-Tina Boerdery BK het met die duurste bul van R75 000-00 daar weggery.

Dragtige stoetkoeie het ‘n gemiddeld van R31 363-64 behaal en Black Hawk Tensmar Farming Pty Ltd het R46 000-00 betaal vir Lot 3 se diere.

K Steenkamp het teen R33 000-00 die duurste dragtige stoetverse aangekoop terwyl die gemiddeld R 24 250-00 was.

Black Hawk Tensmar Farming Pty Ltd het ver bo die gemiddelde prys van R28 285-71 betaal vir sy aankope van koeie met kalwers. Hy het R54 000-00 betaal vir sy lot diere.

By die kommersiële diere het Laal-Tina Boerdery BK R14 200-00 stuk betaal vir dragtige koeie en die gemiddelde prys was R12 075-00.

Dragtige verse en koeie het onderskeidelik R13 400 -00 en R13 200-00 behaal vir die duurste diere. By die verse was die gemiddelde prys R11 300 -00 en by die koeie R12 221-05. Die duurste dragtige verse is aangekoop deur S J van Wyk en Benchmark Bonsmara Farming het die duurste koeie aangekoop.

Laaste maar nie die minste nie is koeie met kalwers aangekoop teen ‘n gemiddelde prys van R12 111-11 en A Pretorius was die koper van die duurste lot se diere en het R14 800-00 betaal vir daardie voorreg.

Die afslaer was Brandon Leer.

Nog geen kommentaar gelewer nie.

Gee terugvoer.