Op Saterdag 8 Oktober 2011 het die Esfane Afrikaner en Friesperd veiling plaasgevind.
Stoet koeie en kalwers het ‘n gemiddelde prys van R6350 behaal en die hoogste prys van R8000-00 is deur K&C Serfontein Venootskap aangekoop.
Oop stoetverse van Nico van der Walt is deur Ventersburg Roller Meule aangekoop en die verse het in lot 13 en 16 die hoë prys van R6000-00 behaal. Die gemiddelde prys was R5125-00.
Nico van der Walt se stoetverse was ook gewild en Ventersburg Roller Meule het die duurstes teen R8000-00 aangekoop. Die gemiddelde prys was R4995-45.
By die Friesperd afdeling het sake sommer mooi geloop en goeie pryse is deur die bank behaal.
Die duurste reunperd is vir R25 000-00 aan E Thiart verkoop. Die gemiddelde prys wat vir die reunperde behaal is was R22 500-00.
Hingse het ‘n gemiddeld van R21 000-00 behaal maar dit was lot 22 se hings wat die gewilde een was en die prys opgejaag het tot R38 000-00. C H Badenhorst het hom aangekoop.
Dream Weaver Trading 51 Pty Ltd was die gelukkige koper van die duurste merrie. Hy het R30 000-00 betaal terwyl die gemiddelde prys wat behaal is R17 142-86 was.



